37 Algemene Kenmerke van Disleksie

Dyslexia.com Home Page

© 1992 by Ronald D. Davis,
Translation by René Engelbrecht

Davis sê dat die meeste mense met disleksie ongeveer 10 van die volgende simptome en gedragspatrone sal toon en dat dit in 'n afwisselende mate kan voorkom van dag tot dag en selfs van een minuut tot die volgende. Die konsekwentste eienskap van sulke individue is volgens hom juis hulle inkonsekwentheid.

    Algemeen

  • Kom skerp, baie intelligent en welsprekend voor, maar kan nie lees, skryf of spel volgens die graadvlak nie.
  • Word geëtiketteer as lui, dom, agtelosig en onvolwasse. Word beskuldig van gedragsprobleme of dat daar nie hard genoeg probeer word nie.
  • Is dikwels nie "ver genoeg" agter of "swak genoeg" om binne skoolverband gehelp te word nie.
  • Verstandsvermoë is hoog, maar akademiese prestasie weerspieël dit nie. Vaar goed in mondelinge toetsing, maar nie skriftelik nie.
  • Voel dom; het lae selfagting; probeer swakhede verberg deur middel van geniale kompenserende strategieë; raak maklik gefrustreerd en emosioneel oor lees in die skool of oor skooltoetse wat afgelê moet word.
  • Is dikwels begaafd wat betref kuns, drama, musiek, sport, meganiese werk, storievertelling, verkope, sake, ontwerp, bouwerk of ingenieurswese.
  • Lyk dikwels of "wegraak" of dagdroom; raak maklik verdwaal; het nie 'n begrip van tyd nie.
  • Kan nie aandag op sekere dinge toespits nie. Kom óf as "dagdromer" óf "hiper" voor.
  • Beste manier van leer is deur praktiese ervaring, demonstrasies, eksperimentering, waarneming en visuele hulpmiddele.
  • Sig, lees en spel

  • Kla van duiseligheid, hoofpyn of maagpyn terwyl gelees word.
  • Word verwar deur letters, syfers, woorde, reekse of mondelinge verduidelikings.
  • Lees en skrif toon herhalings, byvoegings, verplasings, weglatings, vervangings en die omkering van letters, syfers en/of woorde.
  • Kla dat niebestaande beweging gevoel of gesien word wanneer lees, skryf of naskryf (kopieer).
  • Lyk of daar oogprobleme kan wees, maar oogtoetse lewer niks op nie.
  • Het buitengewone skerp waarnemingsvermoë óf beskik nie oor dieptewaarneming en perifere visie nie.
  • Lees en herlees sonder veel begrip.
  • Spel foneties en inkonsekwent.
  • Gehoor en spraak

  • Het baie goeie gehoor; hoor dinge wat ander nie so goed kan hoor nie; aandag word maklik afgelei deur geluide.
  • Sukkel om dinge te verwoord; praat in onsekere sinsnedes; sinne is onvolledig; hakkel wanneer onder druk verkeer; spreek lang woorde verkeerd uit; ruil sinsnedes, woorde of lettergrepe om wanneer praat.

    Skrif en motoriese vaardighede

  • Sukkel met skryf of nateken; het 'n ongewone potloodgreep; handskrif is van afwisselende gehalte of onleesbaar.
  • Is dikwels lomp, ongekoördineer, swak in bal- of spansportsoorte; sukkel met klein en/of groot motoriese take; is geneig om reissiek te word.
  • Kan dubbelhandig wees en verwar dikwels links/regs of bo/onder.
  • Wiskunde en tydbestuur

  • Sukkel daarmee om te sê hoe laat dit is; met tydbestuur; met die leer van inligting wat in 'n sekere volgorde voorkom; om betyds te wees.
  • Maak staat daarop om op vingers te tel en op allerlei ander truuks as dit by wiskundige bewerkings kom. Weet wat die antwoord is, maar kan dit nie skriftelik bereken nie.
  • Kan tel, maar sukkel om voorwerpe te tel of om met geld te werk.
  • Kan somme maak, maar sukkel met woordsomme. Sukkel met algebra en gevorderde wiskunde.

    Geheue en kognisie

  • Uitstekende langtermyngeheue wat betref ervarings, plekke en gesigte.
  • Swak geheue wat betref reekse, feite en inligting wat nie deur ervaring opgedoen is nie.
  • Dink hoofsaaklik in prentvorm en met gevoel, nie met klanke of woorde nie (toon min selfspraak).
  • Gedrag, gesondheid, ontwikkeling en persoonlikheid

  • Erg gedisorganiseer of oordrewe (selfs kompulsief) ordelik.
  • Kan die klaskamerhanswors wees, 'n rusverstoorder óf te stil.
  • Ontwikkelingstadia was buitengewoon vroeg of laat (praat, kruip, loop, skoene vasmaak).
  • Geneig tot oorinfeksies; sensitief vir sekere kossoorte, bymiddels en chemiese produkte.
  • Kan 'n baie ligte of baie vaste slaper wees; maak nog bed nat wanneer dit nie meer ouderdomsgewys verwag word nie.
  • Het 'n buitengewoon hoë of lae pyndrempel.
  • Het 'n sterk regverdigheidsin; is emosioneel sensitief; streef volmaaktheid na.
  • Foute en simptome neem drasties toe wanneer daar verwarring, tyddruk, emosionele druk of swak gesondheid is.
Search our Site:
Change Color:
Shop Online Subscribe Now!
End of Navigation Links

Dyslexia the Gift Home PageDavis Dyslexia Association International
Books & Materials: 1‑888‑999‑3324 [1‑888‑999‑DDAI]
Workshops & Licensing: 1‑888‑805‑7216
Fax: 1‑650‑692‑7075 • Local Phone: 1‑650‑692‑7141

URL: http://www.dyslexia.com
E-mail: ddai@dyslexia.com
Orders: orders@dyslexia.com
Training: training@dyslexia.com
Webmaster: webmaster@dyslexia.com
All materials on this site © DDAI unless otherwise noted.

This Page Last Modified: Monday, 23 January 2006.