Die Gawe van Disleksie
Die Gawe van Disleksie
from Sonder Seels
Published on 05/16/2016 - Reported by Karlien Nederveen
“Disleksie is nie ‘n siekte nie en ook nie die resultaat van ‘n breinbesering of defek nie. Disleksie is die simptoom van ‘n wonderlike gawe.”
So sê Karlien Nederveen, ‘n arbeidsterapeut van Pretoria. Karlien werk reeds vir ‘n geruime tyd in die arbeidsterapie-veld in Suid-Afrika en in die Verenigde Koninkryk. Terug in Suid-Afrika het sy te doen gekry met ouers wat hul kinders tuis moes onderrig omdat die kind disleksie het. Karlien moes self tuisonderrig gee aan haar dogtertjie, wat weens ‘n outo-immuunsiekte nie skool kon bywoon nie.
Language: Afrikaans